Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
17 nuwe klagte teen Assange

Julian Assange, WikiLeaks-stigter, word nou op 17 nuwe aanklagte, onder meer van spioenasie, in Amerika gesoek.

Assange dien tans ’n vonnis van 50 weke in ’n Britse tronk uit omdat hy nie gehou het by sy borgvoorwaardes nie en na Ecuador se ambassade gevlug het. Ecuador het onlangs ’n nuwe staatshoof gekry en Assange is uitgegooi.

Amerika sê Assange het geklassifiseerde bronne se name bekend gemaak en saamgesweer met Chelsea Manning, ’n oudweermag-inligtingsanalis, en haar gehelp om toegang tot geklassifiseerde inligting te kry.

Hy is aanvanklik in Amerika aangekla van sameswering met Manning om toegang tot ’n regeringsrekenaar te kry as deel van WikiLeaks se bekendmaking van honderde duisende Amerikaanse militêre verslae in die oorloë in Afganistan en Irak.

Hy kan verskeie dekades in die tronk wees indien hy op die nuwe aanklagte skuldig bevind word.

“Die klagte toon die erns van die bedreiging wat die vervolging van Assange inhou vir alle joernaliste in hul pogings om die publiek van optredes deur die Amerikaanse regering in te lig,” sê Barry Pollack, Assange se Amerikaanse regsverteenwoordiger.

Julian Assange
Julian Assange op 11 April buite 'n polisiekantoor in Londen. Foto: Reuters

Volgens Amerika se departement van justisie het hy nie net vir Manning gehelp om die geklassifiseerde inligting te steel nie, maar hy het die lewe van bronne in gevaar gestel waaronder Afgane, Irakiërs, joernaliste, godsdienstige leiers, diegene wat hul uitspreek vir menseregte en politieke afvalliges van onderdrukkende regerings deur hul name te publiseer.

Die polisie het Donderdag gesê dat die departement van buitelandse sake by Assange gepleit het om nie die bronne se name bekend te maak nie, maar WikiLeaks het die waarskuwing geïgnoreer.

Manning is in Mei 2010 vir 35 jaar tronk toe gestuur vir spioenasie in verband met die WikiLeaks-bekendmakings. Pres. Barack Obama het later haar vonnis versag tot sewe jaar, maar sy is op die oomblik in die tronk omdat sy herhaaldelik geweier het om voor ’n groot jurie wat Assange ondersoek te getuig.

WikiLeaks spesialiseer in die bekendmaking van “gesensorde of andersins beperkte amptelike inligting oor oorlog, spioenasie en korrupsie”. – Reuters 

Meer oor:  Julian Assange  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.