Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
1ste Britse polisielid aan terreur-misdryf skuldig bevind

’n Konstabel van Londen se metropolitaanse polisie het Donderdag Brittanje se eerste polisiebeampte geword wat aan ’n terrorisme-oortreding skuldig bevind is.

Benjamin Hannam (22) is op grond van sy lidmaatskap aan National Action, ’n verregse organisasie, skuldig bevind.

Die organisasie is in 2016 in Brittanje verban nadat dit die moord op Jo Cox, ’n parlementslid, gesteun het.

Die organisasie is die eerste verregse groep wat sedert die Tweede Wêreldoorlog in die land verbied word.

Benjamin Hannam, ’n konstabel van die Londense metropolitaanse polisie, is Donderdag skuldig bevind op grond van sy lidmaatskap aan National Action, ’n verregse organisasie. Foto: Reuters

Hannam is ook skuldig bevind daaraan dat hy op sy aansoekvorms vir die polisie oor die besit van dokumente oor terreur gelieg het.

Beperkings op die saak is Donderdag opgehef nadat hy skuld op ’n afsonderlike aanklag van die besit van onsedelike foto’s van ’n minderjarige beken het.

Hannam, wat intussen geskors is, sal op 23 April gevonnis word.

Speurders het in Februarie verlede jaar die eerste keer vermoed dat hy by ’n verregse groep betrokke is nadat vasgestel is dat hy onder die naam “Anglisc” inskrywings op ’n verregse aanlyn forum geplaas het.

Hannam se huis is deursoek en speurders het afgekom op ’n aantekeningboek. Daarin was verwysings na National Action, ’n gids oor die gebruik van messe en wapens, asook die manifes van die Noorse massamoordenaar Anders Behring Breivik, wat 77 mense in 2011 vermoor het.

Hannam het vergaderings van National Action in kroeë bygewoon en aan opleidingsgeleenthede deelgeneem. Hy het ook in die organisasie se aanlyn video’s verskyn.

Die Britse polisie het gesê die werwing van polisiebeamptes word tans hersien en die veranderinge sal eersdaags bekend gemaak word. Reuters

Meer oor:  Polisie  |  Londen  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.