Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
1ste keer in 200 jaar geen Kersmis in Notre Dame

Die tradisionele Kersmis in die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, sal vanjaar vir die eerste keer in meer as 200 jaar nie hier gehou word nie nadat ’n brand in April vanjaar groot skade aan die katedraal aangerig het.

Die katedraal is tans omring deur hyskrane. Herstelwerk aan die katedraal gaan nog jare duur.

Die BBC  berig dat die tradisionele middernagmis op Oukersaand steeds gehou sal word, maar dit sal in die nabygeleë kerk Saint-Germain l’Auxerrois wees.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het ’n vyf-jaar-doelwit vir die herbou van die katedraal gestel.

Dit is die eerste keer in meer as 200 jaar dat die tradisionele Kersmis nie in die Notre Dame-katedraal in Parys gehou sal word nie. Groot skade is in April vanjaar aan die katedraal aangerig in ’n brand wat in die dak ontstaan het. Foto: AP

Die Kersmis is vir langer as twee eeue in die dikwels onstuimige geskiedenis in die katedraal volgehou. Voor dit was die katedraal tydelik tydens die Franse revolusie en deur anti-Katolieke magte in ’n “tempel van rede” verander.

Die katedraal was selfs gedurende die Eerste en Tweede Wêreldoorlog oop.

CBS Evening News  berig dit is die eerste keer sedert 1803 dat die Kersmis nie in die katedraal gehou word nie.

Die koorsangers van die Notre Dame oefen tans in ’n nabygeleë kerk. Hulle sê hulle vind dit steeds moeilik om te glo dat hulle nie vanjaar tydens die Kersmis in die katedraal sal sing nie.

Een van die koorsangers, Mathilde Ortscheidt, sê sy kan nie glo daar gaan nie ’n Kersfees in Notre Dame wees nie. “Om te dink verlede jaar was ek siek, toe mis ek Kersfees by Notre Dame, maar ek het gedink dat ek vanjaar sonder enige probleme sou kon gaan.”


Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Notre Dame-Katedraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.