Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 aardbewings eis 45 in Indonesië

Minstens 45 mense is teen Saterdag dood nadat twee aardbewings en ’n naskok die Sulawesi-eiland in Indonesië hierdie week getref het.

’n Beskadigde hospitaalgebou in Mamuju. Foto: Antara Foto via Reuters

Reuters berig noodwerkers is op soek na mense wat vasgekeer is, terwyl honderde mense beseer en duisende uit vrees gevlug het.

Indonesië se rampagentskap in Wes-Sulawesi sê geen skade of ongevalle is aangemeld van die 0,5-naskok in die Wes Sulawesi-distrikte Mamuju en Majenen nie.

Vrydag se aardskudding van 6,2 volg op nog ’n aardbewing van 5,9 wat Donderdag voorgekom het.

Dion Monardo, die hoof van die agentskap, het aan Kompas TV gesê die soektog gaan voort na slagoffers wat steeds onder die rommel vasgekeer is.

Meer as 820 mense is beseer en sowat 15 000 mense is ontruim, volgens die agentskap. Baie mense het skuiling in die berge gaan soek terwyl andere na ontruimingsentrums is, het ooggetuies vertel.

Vrydag se aardbewing en sy naskokke het meer as 300 huise en twee hotelle beskadig. ’n Hospitaal en die kantoor van die provinsiale goewerneur is ook platgevee. Baie mense het daar skuiling gaan soek, het owerhede aan Reuters gesê.

Talle inwoners het ná die aardbewings gevlug en tydelike verblyf opgerig. Foto: Reuters

Dwikorita Karnawati, die hoof van Indonesië se agentskap vir meteorologie en geofisika, het Saterdag aan Metro TV gesê dat nog ’n aardbewing van 7,0 moontlik is, en dat mense moet wegbly van water weens die risiko van ’n tsoenami.

Aardbewings kom gereeld in Indonesië voor. In 2018 het ’n aardbewing van 6,2 en daaropvolgende tsoenami voorgekom in Palu in Saluwesi. Duisende mense is toe dood. – Reuters

Meer oor:  Indonesië  |  Aardbewing  |  Tsoenami  |  Dodetal  |  Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.