Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 dood, talle vermis ná ontploffing in Duitsland

Twee mense is dood en talle word nog vermis ná ’n ontploffing in ’n nywerheidsgebied in Leverkusen in die weste van Duitsland.

Nooddienste het Dinsdag drie uur lank gesukkel om die brand wat ná die ontploffing op die Chempark-perseel van die chemiese maatskappye Bayer en Lanxess ontstaan het, te blus.

“Ons is geskok deur die dood van een kollega,” sê Lars Friedrich, hoof van Chempark.

Volgens hom is 31 mense beseer.

Dit is nog onduidelik wat die ontploffing veroorsaak het, sê hy. ’n Tenk vol oplosmiddels het daarna aan die brand geraak.

Inwoners van die omliggende gebied is aangeraai om binnenshuis te bly en hul lugversorgers af te skakel as voorsorgmaatreël teen moontlike gifgasse.

ontploffing, Duitsland
Voertuie van die plaaslike nooddienste Dinsdag buite Chempark in Leverkusen, Duitsland, waar die ontploffing plaasgevind het. Foto: Reuters


Meer oor:  Ontploffing  |  Duitsland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.