Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 koelbloedig op kampus in Namibië doodgeskiet

Eckhart Mueller, uitvoerende direkteur by die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie (Nimt) en sy adjunk, Helmo Hellwig, is Maandagoggend op Arandis, naby Swakopmund in Namibië, koelbloedig doodgeskiet toe hulle vir werk by die kampus opdaag.

Eckhart Mueller, uitvoerende direkteur by die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie (Nimt).

Volgens The Namibian is die twee mans omstreeks 06:00 doodgeskiet toe hulle by die hoofkantoor aangekom het. Die moordenaar het gevlug. Alle studente en personeellede is huis toe gestuur.

Volgens die Republikein het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nasionale polisiewoordvoerder, gesê dat nege skote op die 70-jarige Mueller en die 60-jarige Hellwig geskiet is. Die vuurwapen wat gebruik is, is vermoedelik ’n 9 mm-pistool.

Die polisie is steeds op die toneel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit wil voorkom asof die twee mans op die punt was om die voordeur van die administratiewe gebou oop te sluit toe ’n onbekende aanvaller op hulle losgebrand het.

’n Getuie in die omgewing het “baie skote gehoor wat geskiet is”.

Die Informanté berig dat dit die eerste skietvoorval by ’n skool in Namibië is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.