Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 met kapmes gewond naby Charlie Hebdo-kantore in Parys

Minstens twee mense is Vrydag naby die ou kantore van die Charlie Hebdo- satiriese tydskrif in Parys met ’n kapmes aangeval en beseer. Die tydskrif se kantore hier is vyf jaar gelede deur Islamitiese militante aangeval.

Die polisie in Parys sê een man is in hegtenis geneem. France Info-radio het gesê ’n tweede verdagte is ook in aanhouding.

Die Franse eerste minister, Jean Castex, het vroeër gesê vier mense is gesteek, maar ’n polisiebron het later aan die nuusagentskap Reuters bevestig dat twee mense gedurende die aanval gewond is, waarvan een in ’n ernstige toestand is.

“Ek was in my kantoor toe ek iemand in die straat hoor skree. Ek het by die venster uitgekyk en ’n vrou op die grond sien lê met ’n besering aan haar gesig wat lyk of dit deur iets soos ’n kapmes veroorsaak is,” het ’n getuie aan Europe 1-radio gesê.

Die Franse polisie op die toneel van ’n aanval naby die ou kantore van Charlie Hebdo in Parys. Foto: Reuters

Een van die aanvallers is glo naby die operahuis in Bastille aangekeer. Europe 1-radio het polisiebeamptes aangehaal wat gesê het dat die vermeende aanvaller 18 jaar oud is. Volgens ’n polisiebron is ’n kapmes op die toneel gevind.

Altesaam 14 mense het op 2 September in ’n hof in Parys verskyn op aanklagte dat hulle medepligtiges was in die aanval op die Charlie Hebdo-kantore in Januarie 2015 waartydens 12 mense dood is. Die aanvallers was glo gegrief omdat weeklikse spotprente van die profeet Mohammed vir jare lank in die tydskrif gepubliseer is.

Die polisie het Charlie Hebdo se hoof van mensehulpbronne vandeesweek uit haar huis na ’n veiliger plek verskuif nadat sy doodsdreigemente ontvang het.

Beeldmateriaal van televisiestasies het Vrydag gewys hoe ambulanse, brandweerwaens en die polisie op die toneel is wat vir die publiek afgesper is.

Die plaaslike owerhede het mense versoek om die gebied in die noordooste van Parys te vermy. Die onderburgemeester, Emmanuel Gregoire, het later getwiet dat die polisie op die spoor is van ’n “potensieel gevaarlike individu”.

Frankryk was die afgelope paar jaar die teiken van ’n vlaag aanvalle deur Islamitiese militantegroepe.

Bomaanvalle en ’n skietery in November 2015 by die Bataclan-teater en ander plekke in Parys het tot die dood van 130 mense gelei. ’n Aanvaller het in Julie 2016 op Bastilledag met ’n vragmotor in ’n skare mense in Nice ingeploeg. 86 mense is hier dood. Reuters


Meer oor:  Charlie Hebdo  |  Parys  |  Frankryk  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.