Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Polisielede dagvaar Trump oor aanval op Kongresgebou

Oudpres. Donald Trump moet verantwoordelik gehou word vir die fisieke en emosionele beserings wat twee polisielede opgedoen het toe betogers die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie bestorm het.

Twee polisielede verbonde aan die US Capitol Police (USCP), James Blassingame en Sidney Hemby, het Trump gedagvaar en sê hy is verantwoordelik vir die beserings wat hulle opgedoen het omdat hy die betogers aangehits het.

Blassingame is ’n veteraan met 17 jaar ondervinding, terwyl Hemby ’n veteraan met 11 jaar ondervinding is.

Dié twee veterane het die dagvaarding Dinsdag in die distrikshof in Columbia ingedien en eis skadevergoeding van $75 000 elk.

Oudpres. Donald Trump se ondersteuners op 6 Januarie in die Kongresgebou nadat hulle dit gewelddadig betree het. Foto: Marketwatch

Trump se ondersteuners het die kongresgebou bestorm terwyl die bevestiging van pres. Joe Biden as verkose president aan die gang was. Talle wetmakers moes skuiling soek nadat die betogers toegang tot die gebou verkry het.

Vyf mense, onder wie ’n polisielid, is dood.

Trump het ontken dat hy vir die betoging verantwoordelik is, en sy kantoor het nie onmiddellik op navrae oor die dagvaarding gereageer nie.

Dié betoging het uitgebreek nadat Trump telkemale ná die Amerikaanse verkiesing, wat op 3 November was, aangevoer het die Demokrate het die verkiesing gesteel en dat hy eintlik regmatig gewen het.

Die dagvaarding lui Trump het dwarsdeur sy 2016-veldtog, sy termyn as president en sy 2020-veldtog sy opponente met geweld gedreig, terwyl hy sy ondersteuners aangemoedig het om gewelddadig te wees.

Luidens die dagvaarding het Trump sy ondersteuners aangemoedig om die bevestiging van Biden as president te stuit. –  Reuters


Meer oor:  Donald Trump  |  Dagvaar  |  Kongresgebou  |  Polisielede  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.