Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 van SA vlieg saam in Frankryk om D-dag te vier
Gerhard Ekermans is ’n vlieënier van Suid-Afrikaanse oorsprong wat in die volgende drie dae in Frankryk in ’n Piper L-4 aan deelneem om die 75ste herdenking van D-Dag en die einde van die Tweede Wêreldoorlog te vier.

Twee vlieëniers van Suid-Afrikaanse oorsprong gaan in die volgende drie dae in Frankryk aan die 75ste herdenking van D-Dag en die einde van die Tweede Wêreldoorlog deelneem.

Meer as 60 vliegtuie met hul outentiek geskiedkundige kleure van 1939 tot 1945 gaan van oral uit Europa byeenkom om die Slag van Normandië te herdenk.

Gerhard Ekermans en Alan Vogel is twee van die vlieëniers wat in Piper L-4-vliegtuie, oftewel die L-bird of grasshopper, gaan vlieg.

Ekermans sê hy is baie opgewonde oor sy deelname. Hy het selfs ’n Suid-Afrikaanse vlag op sy vlieguniform gestik.

“Ons verteenwoordig sommer Suid-Afrikaanse vlieëniers wat destyds aan die oorlog deelgeneem het.

“Ek is ’n geoktrooieerde rekenmeester in Engeland wat ook daar leer vlieg het. Dit was ’n eer om genooi te word, juis omdat ek ’n voorliefde vir ou vliegtuie het.”

Gerhard Ekermans en sy medevlieënier, Jon Windover.

Ekermans is oorspronklik van Pretoria.

Hy sê die groep vlieëniers oefen al maande lank. Dit is veral ’n uitdaging om op grasaanloopbane te land en op te styg.

“Ons sal in groot formasies oor die betrokke D-dag-strande vlieg en aan lugskoue deelneem. Die vlieëniers sal ook oor kleiner dorpe in Normandië vlieg waar die Geallieerde magte geland het om die Duitsers te oorwin.

“Dit sal waarskynlik die laaste groot viering wees waar veterane, van wie die meeste seker in hul 90’s is, teenwoordig sal wees.”

Die betrokke vliegtuig is gebruik om belangrike mense tussen slagvelde te vlieg, vyandelike tenkposisies te bespied en artillerievuur daarheen te stuur. Die L in Piper L-4 staan vir liaison.

Die Piper L-4-vliegtuig.
Van die Piper L-4-vliegtuie wat in die volgende drie dae aan herdenkingsvlugte in Frankryk vlieg om die 75ste herdenking van D-Dag en die einde van die Tweede Wêreldoorlog te vier.

Volgens die L-birds-webwerf bestaan die vliegtuie wat deelneem uit Piper L-4-, Stinson L-5 Sentinel- en baie uitsonderlike L-Bird-modelle.

Dit sal die eerste keer wees waar soveel van die betrokke vliegtuie, veterane en verteenwoordigers van ander vliegtuie wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, byeenkom.

Vlieëniers van 14 nasionaliteite neem deel.

Op 7 Junie word in D-dag-formasies oor die strande gevlieg, op 8 Junie word die vliegtuie by die St. André de l’Eure-vliegveld ten toon gestel en op 9 Junie word ’n uitstalling by Lessay (Manche) gedoen.

Die mees unieke vliegtuigmodelle wat deelneem, is vyf Stinson L-5 Sentinels, die enigste Piper L-14 ter wêreld, die enigste Burma Auster Mark III ter wêreld, twee Fieseler Storche, ’n Stinson VT-77 en ’n Fairchild 24, wat op ’n tyd aan Louis Breguet behoort het.

Meer oor:  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.