Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2 vermiste SA’ners in Viëtnam se organe dalk geoes

Die twee vermiste Suid-Afrikaners in Viëtnam pas by ’n patroon wat hulle moontlik slagoffers gemaak het van mense wat organe oes, sê Imtiaz Sooliman, stigter van die Gift of the Givers.

“Van alles wat ons gesien het in hierdie twee gevalle, lyk dit nie na enigiets anders nie. Ons hoop daar is nog ’n kans om hulle te red,” sê Sooliman.

Hy praat van John Bothma en Mushfiq Daniels wat in dieselfde stad in Viëtnam gewoon en as Engels-onderwysers gewerk het. ’n Amerikaanse vrou het met albei van hulle vriende gemaak en hulle het daarna verdwyn.

John Bothma
John Bothma

“Daar was ook ’n groep wat vroeër die jaar gevang is dat hulle organe oes. My navorsing het getoon dit kan ’n opsie wees.”

Hy sê albei mans het sterk familiebande gehad en was nie ryk genoeg om vir ’n losprys gevang te word nie.

Mushfiq Daniels. Foto: Facebook

Bothma is die laaste keer in Ho Tsji Minhstad gesien op 18 Mei en Daniels se familie het laas op 3 Julie van hom gehoor.

“Een van die families is reeds in Viëtnam om inligting te kry en die Amerikaanse vrou in albei gevalle is baie suspisieus."

Die vrou het met albei mans vriende gemaak en het hulle finansiële hulp aangebied.

“Onderwysers in Viëtnam word nie goed betaal nie.”

Sooliman sê Daniels was ontsteld die dag voordat hy verdwyn het.

“Ons sal ons bes doen om die families te help en uit te vind presies wat aangaan,” sê hy.

Die Gift of the Givers staan dikwels mense by wat familielede in nood in die buiteland het.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Mushfiq Daniels  |  John Bothma  |  Ho Chi Minh-Stad  |  Vietnam  |  Orgaandiefstal  |  Vermis  |  Organe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.