Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
25 dood in ‘afgryslike’ aanval op kroeg in Mexiko

Minstens 25 mense is dood en 13 ernstig beseer nadat ’n kroeg in Mexiko glo deur lede van ’n dwelmbende aan die brand gesteek is.

Die voorval het Dinsdagaand in die hawestad Coatzacoalcos in die deelstaat Veracruz gebeur.

Andrés Manuel López Obrador, president, het die voorval as afgryslik bestempel en sê dit belemmer hernude pogings om misdaad in die land te bekamp.

Hy sê vermeende bendelede het al die nooduitgange van die Caballo Blanco-kroeg gesluit en dit aan die brand gesteek.

Na berig word, het die aanvallers glo eers op die kroeg geskiet voordat hulle dit met petrolbomme bestook het.

Daar was in April ook ’n aanval op ’n kroeg in die stad Minatitlán in Veracruz. 13 mense is toe dood.

Obrador sê daar is vasgestel dat van die vermeende brandstigters in aanhouding was, maar vrygelaat is.

Die nuutste aanval is een van die ergste massamoorde in die land sedert Obrador, ’n veteraan-linksgesinde, verlede jaar as president oorgeneem het en beloof het om korrupsie en ongelykheid te beveg.

Hoewel Obrador sê hy wil nie die vorige regering blameer nie, het hy na ’n vorige beleid verwys wat die fondasie vir misdaad volgens hom gelê het.

“Dit is die gevolg van die ekonomiese beleid wat ingestel is; die beleid van plundery,” sê Obrador.

Cuitláhuac García, staatsgoewerneur van Veracruz, het in ’n inskrywing op Twitter gesê die aanval is die gevolg van onenigheid tussen verskillende dwelmbendes.

Dié deelstaat aan die Golf van Mexiko is ’n groot deurgangspunt vir dwelms wat na die Amerikaanse grens gesmokkel word.

Meer oor:  Mexiko  |  Aanvaar  |  Wêreld  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.