Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
28 sterf in bomaanvalle in Somalië
’n Rookwolk hang oor die gebied ná afloop van die aanvalle.Foto: Reuters

Minstens 28 mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Vrydag twee motorbomme by ’n hotel in Mogadisjoe, Somalië, laat ontplof het.

Die terreurgroep Al-Sjabaab, ’n Al-Kaïda-splintergroep, het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval by die Sahafi-hotel naby die hoofkantoor van Somalië se misdaadondersoekdepartement (CID).

Volgens die polisie het hotelwagte en CID-beamptes op die aanvallers geskiet.

Sowat 20 minute later het ’n derde ontploffing die gebied geruk. Volgens ooggetuies was die bom in ’n driewiel-tuk-tuk-voertuig naby die hotel geplaas.

“Vier militante wat probeer het om die hotel te betree, is deur die polisie en die hotelwagte doodgeskiet,” het kapt. Mohamed Ahmed van die polisie aan Reuters gesê.

“Twee ander was selfmoordbomaanvallers wat deur hul motorbomme opgeblaas is. Die derde motor is van ’n afstand laat ontplof. In totaal is 28 mense dood, insluitend die ses militante,” sê hy.

Abdifatah Abdirasjied, wat die Sahafi-hotel van sy pa oorgeneem het nadat hy in 2015 in ’n militante aanval doodgemaak is, was onder diegene wat in Vrydag se aanval gesterf het, sê Mohamed Abdiqani, ’n ooggetuie.

“Abdifatah Abdirasjied, die hoteleienaar, en drie van sy lyfwagte het gesterf,” sê Abdiqani. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.