Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2de aanslag kom teen Australiese premier

Malcolm Turnbull, eerste minister van Australië, het vroeër die week ’n rebellie teen sy leierskap oorleef, maar ’n tweede uitdaging kan hom binnekort in die gesig staar.

Turnbull het Peter Dutton, minister van binnelandse sake, Dinsdag met 13 stemme geklop in die stryd om die leierskap van die liberale party.

Dutton het hierna uit die kabinet bedank.

Malcolm Turnbull, eerste minister van Australië. Foto: ABC News, Matt Roberts

Die stemming is gehou nadat peilings getoon het die party verloor steun. Daar was ook sprake daarvan dat Turnbull dit oorweeg om ’n vroeë verkiesing uit te roep.

Vrese bestaan in die Liberale Party dat hy ’n nederlaag in aanstaande jaar se verkiesing kan ly as Turnbull aanbly as leier.

Dutton se ondersteuners beplan om Turnbull weer die stryd aan te sê. Ministers in Dutton se kamp het hul bedanking aangebied in aanloop tot die hernieude stryd, berig The Guardian.

Michael Sukkar, Angus Taylor, Zed Seselja en James McGrath het Dinsdagaand uit die kabinet bedank, maar Turnbull het geweier om die bedankings te aanvaar, met die hoop om verhoudings met dié ministers te beredder.

Ná Dinsdag se stemming het Dutton nie ’n tweede stryd om die leierskap uitgesluit nie.

Sommige LP’s meen dit kan later vandeesweek gebeur.

Turnbull kan vir eers veilig wees nadat Mathias Cormann, leier van die senaat, gesê het hy sal Turnbull lojaal ondersteun.

“Ek was dankbaar toe Malcolm my in September 2015 gevra het om in sy kabinet te dien. Sedertdien het ek Malcolm lojaal gedien en ek sal voortgaan om hom in die toekoms lojaal te ondersteun,” het Cormann gesê.

Turnbull het ook later gesê hy is geensins bekommerd oor bewerings van ’n tweede aanslag teen sy leierskap nie en meen die afgelope week se stemming het sy posisie versterk.

Volgens hom het ministers wat vir Dutton gestem én hul bedankings aangebied het, hom sedertdien “onomwonde verseker van hul volgehoue lojaliteit en steun” vir hom.

Meer oor:  Peter Dutton  |  Malcolm Turnbull  |  Australië  |  Stemmery  |  Leierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.