Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
2de aardbewing tref Wellington in NS

’n Aardbewing van 5.2 het die Nieu-Seelandse stad Levin, naby die land se hoofstad Wellington, getref, ’n dag nadat ’n skudding van 5.8 in dieselfde omgewing aangeteken is.

Volgens Geonet, die seismiese monitor van die regering, was die episentrum 30 km noordwes van Levin en op ’n diepte van 32 km.

Wellington en die omliggende gebiede is Maandag deur ’n aardbewing van 5.8 geskud.

Soos vroeër berig was Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, Maandag komkommerkoel in ’n regstreekse onderhoud toe die aardbewing Wellington tref.

Sy het die onderhoudvoerder kalm ingelig dat daar ’n aardbewing is en bloot met die onderhoud voortgegaan.

Ardern het later op ’n nuuskonferensie gesê geen skade is aangerig nie en niemand is beseer nie. Die aardbewing, wat langer as 30 sekondes geduur het, het egter paniek in Wellington veroorsaak, soveel so dat mense in kantore en huise onder hul tafels geskuil het. Reuters



Meer oor:  Wellington  |  Nieu-Seeland  |  Natuurramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.