Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 kinders van Deense miljardêr sterf in Sri Lanka

Denemarke se rykste man, Anders Holch Povlsen, en sy vrou, Anne, het drie van hul vier kinders in die Paassondag-ontploffings in Sri Lanka aan die dood afgestaan, het ’n woordvoerder van hul maatskappy Maandag gesê.

Anders Holch Povlsen en sy vrou, Anne. Foto: Reuters/Ritzau Scanpix/Jonas Olufson

Die woordvoerder het nie enige verdere besonderhede verskaf nie, buiten dat die Deense media berig het dat die gesin in Sri Lanka vakansie gehou het.

’n Reeks ontploffings in kerke en luukse hotelle Sondag in Sri Lanka het 290 lewens geëis en sowat 500 mense is beseer.

’n Senior ondersoeker het Maandag gesê minstens sewe selfmoordbomaanvallers was deel van die ontploffings.

Povlsen is die eienaar van die modemaatskappy Bestseller, wat handelsmerke soos Vero Moda en Jack & Jones insluit, en ook die grootste aandeelhouer is in die aanlyn winkel Asos en ’n groot aandeel in Zalando besit.

Hy besit meer as 1% van al die grond in Skotland, waar hy verskeie landgoedere het, luidens Forbes.Reuters

Meer oor:  Sri Lanka  |  Ontploffings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.