Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 ploftoestelle in Londen gekry

Drie tuisgemaakte ploftoestelle is Dinsdag naby groot vervoerpunte in Londen gevind. Die polisie glo die drie voorvalle hou verband met mekaar.

Die toestelle is in klein pakkies na geboue by of naby die Heathrow-lughawe, die Londen City-lughawe en die Waterloo-treinstasie gestuur, berig CNN.

Een van die pakkies het aan die brand geslaan toe dit oopgemaak is, maar dit was klein vlammetjies en kon gou geblus word.

Die metropolitaanse polisie se teenterreur-eenheid ondersoek die voorvalle.

Die Ierse polisie help met die ondersoek, berig SkyNews. Die pakkies het Ierse posseëls in die vorm van hartjies op met die boodskap “Love Eire N”.

Die ploftoestelle was “klein en tuisgemaak” en glad nie “gesofistikeerd” nie.

“Dit lyk in die vroeë stadium van die ondersoek of dit bedoel was om ’n klein brand te begin sodra dit oopgemaak word.”

Die nuus van moontlike Ierse betrokkenheid het mense in Ierland verbaas. “Die modus operandi pas nie by enige van die afvallige Ierse groepe nie,” het Stephan Murphy, SkyNews se Ierse korrespondent, gesê.

“Indien dit ’n Ierse groep was, sou die ploftoestelle meer gesofistikeerd gewees het en meer skade veroorsaak het.”

Op een van die pakkies is ’n afsenderadres van Bus Eireann, ’n busdiens in Dublin. ’n Woordvoerder van die diens het gesê hulle is nie bewus van die gebeure nie en die polisie het hulle nog nie gekontak nie, berig

BBCNews.

Meer oor:  Londen  |  Ploftoestelle  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.