Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 skietvoorvalle eis 6 in Amerika

Drie skietvoorvalle in Amerika het binne 24 uur minstens ses mense se lewe geëis.

Die jongste skietvoorval het Sondag omstreeks 21:00 (Amerikaanse tyd) in Shreveport, in die noordweste van Louisiana, gebeur.

Vyf mense is in dié voorval geskiet en is gehospitaliseer, het KSLA, ’n filiaal van die CBS-televisiestasie, Sondagaand berig.

Volgens die polisie het hul lede gereageer op verkeersprobleme toe die skote in die gebied klap.

Die polisie het nie bekend gemaak hoeveel beseerdes in die hospitaal opgeneem of wat hul toestand is nie. Hulle het in ’n onderhoud met plaaslike nuusagentskappe slegs gesê hul ondersoek is in die beginfase.

Shreveport se burgemeesterskantoor het nie onmiddellik op navrae van Reuters gereageer nie.

Dié skietvoorval volg kort nadat drie mense Sondag in ’n skietery by ’n woonstelkompleks in Austin, Texas, dood is. Die polisie het begin met ’n soektog na ’n voormalige onderbalju wat in verband met die skietvoorval gesoek word.

In nog ’n voorval Sondagoggend is drie mense dood en twee beseer in ’n skietery by ’n kroeg in die Kenosha-distrik in Wisconsin.

Die drie skietvoorvalle volg op minstens sewe dodelike skietaanvalle wat die afgelope maand oor Amerika heen plaasgevind het.

Die vlaag het bygedra tot verdere druk van die publiek op die regering vir strenger vuurwapenwetgewing.

’n Reuters-Ipsos-peiling het gewys die meeste Amerikaners steun strenger vuurwapenwette, maar Washington het oor die afgelope paar jaar nog nie veel gedoen om die probleem op te los nie. – Reuters

louisiana, skietery
Polisievoertuie Sondagaand op die toneel van die verbyryskietery by ’n drankwinkel in Shreveport, Louisiana. Foto: Reuters

Meer oor:  Louisiana  |  Vuurwapenwetgewing  |  Skietvoorval  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.