Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 steel glo tas vol geld van Mugabe

Drie mense wat daarvan verdink word dat hulle ’n tas vol geld van oudpres. Robert Mugabe gesteel het, het in die hof in Harare, Zimbabwe, verskyn.

Constancia Mugabe (50), ’n familielid van die 94-jarige Mugabe, is een van die beskuldigdes wat glo ’n tas met $150 000 (sowat R2 miljoen teen die huidige wisselkoers) van die oudpresident gesteel het.

Oudpres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace. Foto: Getty Images

Die BBC berig die familielid en haar medebeskuldigdes, Johanne Mapurisa en Saymore Nhetekwa, het glo die geld aan motors, huise en diere bestee.

The Times berig die hof beweer Constancia het haar medeskuldiges, skoonmakers ten tyde van die voorval wat na bewering tussen Desember en 1 Januarie gebeur het, toegang tot die oudpresident se huis sowat 112 km van die hoofstad gegee en hulle in staat gestel om te steel.

“Mapurisa het ’n Toyota Camry . . . en ’n huis van sowat $20 000 (sowat R280 000) ná die voorval gekoop,” het Teveraishe Zinyemba, staatsaanklaer in die landdroshof in Chinhoyi, aan die hof gesê.

“Nhetekwa het ook ’n Honda . . . en vee, waaronder varke, vir ’n onbekende bedrag aangekoop.”

Dit is nie bekend of Mugabe ten tyde van die beweerde diefstal by die huis was nie. Die drie verdagtes is op borgtog.

Volgens AFP word ’n vierde verdagte gesoek.

Meer oor:  Robert Mugabe  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.