Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
37 dood in aanval op konvooi met mynwerkers

Minstens 37 burgerlikes is Woensdag in die ooste van Burkina Faso in ’n verrassingsaanval doodgeskiet terwyl nog 60 mense gewond is.

Onbekende aanvallers het losgebrand op ’n konvooi wat werkers van die Kanadese goudmyn Semafo vervoer het.

Die maatskappy sê die aanval is tussen die Fada- en Boungou-myne, minstens 40 km van die dorpie Boungou, uitgevoer.

Dié aanval is een van die dodelikste die afgelope jare terwyl die weermag sukkel om Islamitiese geweld wat Burkina Faso oorgeneem het, te beheer.

Semafo het verlede jaar hul sekuriteit opgeskerp nadat daar twee gewapende voorvalle naby twee van sy myne was.

Semafo het in ’n verklaring gesê die aanvallers het losgebrand op vyf busse wat deur die weermag begelei is.

Die dodetal sal moontlik styg omdat die veiligheidsmagte se dodetal nie bygevoeg is nie.

Volgens twee bronne het die weermagvoertuig onder ’n tuisgemaakte bom deurgeloop waarna die aanvallers op die weermagvoertuig en busse losgebrand het. – Reuters

Meer oor:  Burkina Faso  |  Aanval  |  Konvooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.