Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
37 in Saoedi-Arabië tereggestel

Saoedi-Arabië het 37 mans, waarvan een ook gekruisig is, weens terreurverwante misdade tereggestel, het die Saoediese nuusagentskap (SPA) bekend gemaak.

“Hulle is die doodstraf opgelê weens hul aanvaarding van ekstremistiese terreurideologieë en omdat hulle terroristeselle gevorm het om veiligheid te ondermyn, chaos te versprei en onenigheid te veroorsaak.”

Saoedi-Arabië is een van die lande met die meeste doodvonnisse, berig CNN.

Een van die mans wat tereggestel is, was net 16 jaar oud toe hy in hegtenis geneem is, het Amnestie Internasionaal (AI) volgens die BBC gesê.

Teregstellings word gewoonlik uitgevoer deur die persoon te onthoof. Kruisiging ná ’n teregstelling is gewoonlik vir misdade wat deur die owerhede as baie ernstig beskou word.

Die groep wat Dinsdag tereggestel is, het glo ’n veiligheidshoofkantoor aangeval en ’n klomp beamptes doodgemaak, het SPA gesê.

Die teregstellings is in Riaad, Mekka en Medina uitgevoer.

Volgens AI is daar vanjaar reeds 104 mense in Saoedi-Arabië tereggestel.

Lynn Maalouf, AI se navorsingsdirekteur in die Midde-Ooste, sê die massa-teregstelling is ’n voorbeeld van die Saoediese owerheid se minagting vir menselewens, berig UPI.

“Dit is ook ’n grusame voorbeeld van hoe die doodsvonnis as ’n politieke wapen gebruik word om teenstand onder die land se Sji’a-minderheidsgroep te onderdruk.”

Meer oor:  Saoedi-Arabië  |  Doodstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.