Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
4 dood, 70 beseer ná aardbewing in Iran

Minstens vier mense is Vrydag dood en minstens 70 is beseer nadat ’n aardbewing van 5,8 die noordweste van Iran getref het.

Die Amerikaanse geologiese staatsagentskap (USGS) sê die aardbewing het omstreeks 02:30 sowat 60 km van die dorp Hastroed in die Azerbaijan-provinsie voorgekom.

Die IRNA-nuusagentskap sê die trilling was relatief sterk en het veroorsaak dat baie mense paniekbevange in die middel van die nag uit hul huise gehardloop het.

Die agentskap vir aardbewings in Europa (EMSC) sê minstens 20 miljoen mense het die aardbewing gevoel.

Aljazeera berig inwoners het ná die aardbewing buite hul huise en motors gekamp.

Reddingspanne is na die gebied ontplooi.Reuters

Meer oor:  Aardbewing  |  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.