Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
4 dood toe 2 vliegtuie in lug bo Australië bots

Vier mense is dood toe twee ligte vliegtuie in die lug bo Australië teen mekaar vasgevlieg het.

Dit het Woensdag omstreeks 11:30 in die lugruim bo die Mangalore-vliegveld, sowat 120 km noord van Melbourne, gebeur.

Blykbaar was albei tweemotorige vliegtuie. Die Piper PA-44-180 Seminole-vliegtuig word deur ’n vliegskool besit en die Beechcraft D95A Travel Air-vliegtuig is in private besit.

’n Instrukteur en leerlingvlieënier was in die een vliegtuig wat op die Mangalore-vliegveld opgestyg het.

Die ander vliegtuig het elders opgestyg en het ook twee insittendes gehad.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek maar daar word vermoed dat die swak weersomstandighede ’n rol kon gespeel het. – Bronne: ABC News, The Guardian en SkyNews





Meer oor:  Australië  |  Vliegtuigongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.