Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
4 in Indië dood toe hulle selfie wil neem

Vier lede van ’n familie is die naweek in Indië dood toe ses van hulle vir ’n selfie geposeer het.

The Times of India berig ’n jong getroude paartjie het Saterdag saam met familielede in die water van die Pambar-reservoir in die dorp Marampatti vir die selfie geposeer, maar toe in die proses verdrink.

Die man en vrou is in September getroud en het by hul familielede gaan kuier, waarna hulle en van die familielede na die dam is, berig The Hindu.

Die man, vrou en vier familielede het in die water gaan staan sodat hulle ’n selfie kon neem, waarna die vrou en drie tieners verdrink het. Die man het daarin geslaag om sy suster te red, maar hy was te laat om sy vrou te red.

Die BBC berig die groep het hande vasgehou en was tot in hul middel in die water toe een van hulle gegly en die ander saamgetrek het.

Een van die seuns (14) het gegly en sy twee susters (18 en 19) saam met hom die water ingetrek, asook die pasgetroude vrou en die bruidegom se suster.

Daar is dikwels gevalle in Indië waar mense in fratsongelukke sterf terwyl hulle selfies neem.

Meer oor:  Indië  |  Selfie  |  Wêreld  |  Sterfgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.