Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
4 polisielede in Frankryk glo deur kollega vermoor

Minstens vier polisiebeamptes is Donderdag dood toe ’n kollega hulle glo by die polisiehoofkwartier in Parys, Frankryk, met ’n mes aangeval het.

PARIS, FRANCE - OCTOBER 03: Police and military pe
Die polisie in Parys in Frankryk na die voorval. Foto: Getty Images

Loïc Travers, ’n Franse polisiebeampte, sê die aanvaller was ’n administratiewe klerk wat meer as 20 jaar by die polisiehoofkwartier gewerk het, berig The New York Times.

’n Ernstig gewonde polisiebeampte het die ongeïdentifiseerde aanvaller doodgeskiet, berig The Guardian.

Die aanval was Donderdag omstreeks 13:00 plaaslike tyd in ’n gedeelte van die hoofkwartier wat nie vir die publiek oop is nie.

Die aanvaller het glo beamptes in sy kantoor begin aanval, voordat hy na ander dele in die hoofkwartier beweeg het.

Die motief vir die aanval is onbekend.

CNN berig die hoofkwartier op Île de la Cité, die eiland in die Seinrivier waarop die Notre Dame-katedraal ook geleë is, is ná die voorval gesluit.

Veiligheidsbeamptes, polisielede, brandbestryders en lede van ander nooddienste is op Île de la Cité ontplooi en alle paaie wat na die eiland lei, is afgesper.

Pres. Emmanuel Macron is op die toneel, saam met sy minister en adjunkminister van binnelandse sake. Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, het haar meegevoel met die slagoffers en hul naasbestaandes uitgespreek en gesê die stadsraad sal hulde bring aan die slagoffers.

Die aanval kom ’n dag nadat duisende polisiebeamptes in Parys betoog het teen lae lone, lang werkure en ’n toenemende selfdoodsyfer in hul geledere.

Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Vermoor  |  Polisielede  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.