Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
40 wat van Isis vlug, verdrink aan Mosambiekse kus

Meer as 40 mense het vermoedelik verdrink nadat ’n boot aan die ooskus van Mosambiek gesink het, het ’n administrateur van die land Dinsdag gesê.

Issa Tarmamade, distriksadministrateur in Ibo, het telefonies aan Reuters bevestig die boot het Sondag in die Indiese Oseaan tussen die eilande van Ibo en Matemo, noord van Pemba – waarheen talle mense vlug – gesink.

Inwoners van die Cabo Delgado-provinsie, in die verre noorde van die land, vlug in groot getalle uit die geweldgeteisterde gebied, wat die teiken van ’n Islamitiese rebellie is met bande met Isis.

Mosambiek
Die gas- en olieryke provinsie Cabo Delgado is in die noorde van van Mosambiek geleë.

Binne enkele dae in Oktober het duisende mense op strande in Pemba aangekom wat van die geweld gevlug het.

Hoewel die oorsaak nog onbekend is, word vermoed die boot was moontlik oorlaai met mense en hul besittings.

Daar was 74 mense op die boot, waarvan 32 deur ’n verbygaande seilboot gered is. Die res van die passasiers is vermoedelik dood. Lyke, ook dié van ’n kind, is Dinsdag aan die kus van die Ibo-eiland aangetref.

Die see- en kusgebiede word gefynkam en owerhede verwag om nog lyke te vind.

Volgens die World Food Programme het bykans 400 000 mense reeds hul huise in Cabo Delgado verlaat en gevlug.

Gedurende 2020 het die rebellie-groep die omvang en hoeveelheid van sy aanvalle verhoog, wat daartoe gelei het dat hy regeringsmagte terugdryf en beheer neem oor ’n paar belangrike dorpe. Reuters

Meer oor:  Mosambiek  |  Verdrink  |  Vlugtelinge  |  Terreur  |  Isis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.