Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
41 migrante in trok in Griekeland gekry

Die Griekse polisie het Maandag 41 migrante, meestal van Afganistan, gevind waar hulle in ’n verkoelde trok op ’n motorweg in die noorde van Griekeland weggekruip het.

Dié ontdekking kom tien dae nadat 39 Viëtnamese migrante se lyke agterin ’n verkoelde vragmotor naby Londen gekry is.

Twee mense word in Brittanje weens die sterftes aangekla, en agt in Viëtnam.

Die verkoelingstelsel in die trok waar die migrante in die noorde van Griekeland gevind is, was nie aangeskakel nie.

Niemand is beseer nie, maar party migrante het wel om mediese hulp gevra, het ’n Griekse polisiebeampte gesê.

Die polisie het die trok naby die stad Xanthi voorgekeer.

Die bestuurder is in hegtenis geneem en hy, asook die migrante, is na ’n nabye polisiekantoor geneem.

Griekeland sukkel met die grootste toestroming van migrante en vlugtelinge sedert 2015, toe meer as ’n miljoen mense na Europa van Turkye via Griekeland beweeg het.

Omtrent 34 000 asielsoekers en vlugtelinge word in oorvol kampe op die Egeïese eilande gehou. Menseregtegroepe het die toestande daar as skokkend beskryf.

Die konserwatiewe regering wat in Julie aan die bewind gekom het, het beloof om meer as 20 000 migrante van die eilande te verwyder en 10 000 mense wat nie in aanmerking kom vir asiel nie, teen 2020 te deporteer.

Die aankoms van onbegeleide kinders het ook toegeneem. Omtrent 1 000 minderjariges het sedert Julie aangekom, het die Griekse ministerie van arbeid gesê. Die totale getal word op 5 000 beraam.

’n Vyfde van dié minderjariges word glo vermis, en die ministerie het beloof om meer geriewe te bou om minderjarige migrante te huisves.

Meer oor:  Griekeland  |  Migrante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.