Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
4,4 m. gevalle in 1 week: ‘Tyd om wakker te skrik’

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) waarsku die wêreld moet wakker skrik wat die stand van die Covid-19-pandemie betref.

Lande is besig om inperkingsmaatreëls te verslap, hoewel die sterftesyfer wêreldwyd die afgelope vier weke gestyg en die getal nuwe gevalle die afgelope sewe weke toegeneem het.

Maria van Kerkhove, die WGO se tegniese hoof oor Covid-19, sê 4,4 miljoen nuwe gevalle is verlede week wêreldwyd aangemeld. Sy het haar kommer oor hierdie tendens uitgespreek.

“Dit is nie die situasie waarin ons wil wees 16 maande nadat die uitbreking tot ’n pandemie verklaar is en waar ons beproefde beheermaatreëls in plek het nie. Dit is nou die tyd wanneer almal moet wakker skrik oor wat ons behoort te doen,” het Kerkhove Maandag op ’n nuuskonferensie gesê.

Volgens die Johns Hopkins-Universiteit se datasamestelling het die getal positiewe gevalle wêreldwyd Dinsdag met 70 234 gestyg en die wêreldtal staan op 137 251 434.

Talle lande in Asië en die Midde-Ooste het volgens dr. Tedros Ghebreyesus, direkteur van die WGO, die laaste tyd groot stygings in die getal gevalle ervaar.

“Ons ervaar die rede vir hierdie skerp stygings is weens onsekerheid, selfbehae en optrede in stryd met openbare gesondheidsmaatreëls.”

Volgens Ghebreyesus is daardie stygings ook ondanks meer as 780 miljoen dosisse entstof wat wêreldwyd vervaardig en versprei is.

“Hoewel die entstowwe goeie hulpmiddels teen die virus is, is dit nie al wat ons kan gebruik om daarteen te veg nie.”

Die skielike toename in Covid-19-gevalle in Indië word as ’n “tsoenami”-vlaag beskryf.

In Indië is die afgelope week sowat 161 736 nuwe gevalle aangemeld. Dit is ondanks die land se reuseverspreiding van die entstof vir sy bevolking van 1,4 miljard mense.

Die land het sowat 13,5 miljoen kumulatiewe gevalle en ’n sterftesyfer van 170 000 en is dus kort op Amerika en Brasilië se hakke.

Kinders by die Lokmanya Tilak-treinstasie in Mumbai. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.