Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
5 dood ná motor in Duitsland tussen skare injaag

Vyf mense, onder wie ’n nege maande oue baba, is Dinsdag dood nadat ’n motor glo doelbewus in ’n voetgangersone in die Duitse stad Trier tussen inkopiegangers ingejaag het. Minstens 15 mense is ook beseer.

Ooggetuies sê mense het geskree en was paniekbevange, terwyl ander die lug ingeslinger is nadat die motor hulle getref het.

Die polisie het binne minute ’n 51-jarige Duitse verdagte in hegtenis geneem en op die voertuig beslag gelê.

Benewens die baba het ’n 25-jarige en ’n 73-jarige vrou asook ’n 45-jarige man gesterf. Die Duitse media het later berig dat ’n 52-jarige vrou ook gesterf het.

Intussen verkeer verskeie van die beseerdes in ’n kritieke toestand.

Peter Fritzen, die staatsaanklaer, het op ’n nuuskonferensie gesê die verdagte was onder die invloed van drank en terreur word nie vermoed nie.

Die stad se burgemeester, Wolfram Leibe, sê hy ly vermoedelik aan ’n geestesversteuring.

Volgens die owerhede sal die man deeglik geëvalueer word om vas te stel of hy toerekeningsvatbaar is.

Dit blyk dat hy die vorige paar nagte in die motor deurgebring het en geen vaste adres het nie.

Hy het die voertuig, wat in iemand anders se naam geregistreer is, geleen. Die man het geen vorige veroordelings nie. – Reuters

Die polisie is op die toneel nadat ’n man glo doelbewus tussen ’n skare mense in die Duitse stad Trier ingejaag het. Foto: Reuters
Babaklere lê in die pad nadat ’n nege maande oue baba in die voorval dood is. Foto: Reuters
Die polisie verwyder die voertuig van die toneel. Foto: Reuters
Polisievoertuie op die toneel wat afgesper is. Foto: Reuters

Meer oor:  Misdaad  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.