Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
5 dood toe vliegtuig in see neerstort
Die Piper PA-vliegtuig het kort nadat dit van Roatáneiland in Honduras opgestyg het, in die see neergestort. Foto: Getty Images

Vyf buitelanders, waaronder die vlieënier, is Saterdag dood toe hul private vliegtuig in die see neerstort kort nadat dit van Roatáneiland in Honduras opgestyg het.

Roatán is ’n gewilde toerismebestemming aan die Atlantiese kus. Honduras is ’n land in sentraal Amerika, geleë tussen Guatemala en Nicaragua.

Strydende berigte is ontvang van die slagoffers se nasionaliteite. Jose Domingo Meza, woordvoerder van die land se gewapende magte, het gesê vier van die slagoffers was van die VSA terwyl die vyfde se nasionaliteit nog nie vasgestel kon word nie.

Plaaslike nooddienste het aanvanklik gesê die slagoffers was vier Kanadese en ’n persoon in wie se nasionaliteit onbekend is.

Die oorsaak van die ongeluk is ook nog nie bekend nie.

Die Piper PA-vliegtuig was onderweg na die hawestad Trujillo, sowat 80 km van Roatán af.

Roatán is uiters gewild onder toeriste van die VSA, Kanada en Europa, het owerhede gesê. – Reuters

Meer oor:  Honduras  |  Toerisme  |  Vliegtuigongeluk  |  Vliegtuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.