Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
50 moordaanklagte teen Christchurch-skieter

Die polisie in Nieu-Seeland het Donderdag bekend gemaak dat die Christchurch-skieter wat in Maart op twee moskees losgebrand en 50 mense doodgeskiet het, vir al 50 moorde verantwoordbaar gehou word.

Die polisie sê hulle oorweeg om nóg  aanklagte teen die verdagte, 'n Australiese boorling wat die skietery regstreeks op Facebook uitgesaai het, te bring, maar het bevestig dat hy ook deur 39 aanklagte van poging tot moord in die gesig gestaar word.

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, het ná die skietery aangekondig dat sy en die kabinet Nieu-Seeland se wapenwetgewing  verander wanneer hulle weer vergader en beklemtoon dat sy nooit die skieter se naam sal noem nie, maar liewers die slagoffers se name sal uiter sodat hulle onthou word.

Politici in Nieu-Seeland het begin vandeesmaand oorweldigend ten gunste van nuwe wapenbeperkings gestem in die eerste stap van 'n nuwe wet wat hulle sommer nog einde vandeesweek wil deurjaag.

Die nuwe wet sal semi-outomatiese wapens verbied. Dit is dieselfde tipe wapen wat die skieter tydens die aanval gebruik het.

Soos vroeër berig word die wet deur albei die hoof- politieke partye ondersteun. Net een van die 120 lede van die parlement het daarteen gestem. Dit was die eerste stemming van drie wat nodig is voordat die voorstel as wet bekragtig kan word. – Reuters

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Christchurch  |  Skietery  |  Dood  |  Moskee  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.