Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
500 polisielede sak toe op nuuskantoor in Hongkong

Die polisie in Hongkong het Donderdagoggend ’n klopjag op ’n nuuskantoor uitgevoer omdat dit nie aan “normale joernalistieke praktyke” voldoen nie.

Minstens vyf uitvoerende hoofde van die pro-demokratiese Apple Daily-nuusagentskap is in hegtenis geneem toe 500 polisielede op sy kantoor toegeslaan het.

Dit is die eerste geval waarin die polisie aanvoer dat nuusberigte moontlik teenstrydig is met die nuwe nasionale veiligheidswet en toestemming verkry het om rekenaars en notaboeke te ondersoek.

Die polisielede was later die dag terug met ’n lasbrief en het op die selfone en skootrekenaars van joernaliste in die nuuskantoor beslag gelê.

Die polisie het Donderdag ’n klopjag op die nuusagentskap Apple Daily se kantoor in Hongkong uitgevoer. Foto: Reuters

Dit is die jongste aanslag op Jimmy Lai, mediamagnaat van Hongkong en die stigter van die Apple Daily.

Lai, ’n kritikus van Beijing wie se bates bevries is, is in die tronk omdat hy aan onwettige byeenkomste deelgeneem het.

John Lee, minister van veiligheid in Hongkong, se kommentaar oor die voorval het die gevaarligte oor mediavryheid in die land verder laat flikker. Hy het die nuuskantoor as ’n “misdaadtoneel” bestempel.

Lee sê die klopjag is uitgevoer op diegene wat verslaggewing gebruik om “nasionale veiligheid in gevaar te stel”.

Volgens Lee het die vyf uitvoerende hoofde glo joernalistiek gebruik om buitelandse magte te probeer oorreed om sanksies teen Hongkong en China in te stel.

“Gewone joernalistiek verskil hiervan. Moenie met hulle saamspan nie,” het hy aan joernaliste gesê.

“Doen jou werk soos jy wil, maar bly binne die wet en moenie saamsweer met die doel om die wet te oortree nie.”

Minstens vyf uitvoerende hoofde van die nuusagentskap Apple Daily is Donderdag in Hongkong in hegtenis geneem. Foto: Reuters

Die polisie het ook die bates bevries van drie maatskappye wat bande met Apple Daily het. Die waarde van die bates beloop $2,32 miljoen.

Volgens die polisie was die klopjag dus nie net op die media gefokus nie.

Apple Daily het aan sy lesers gesê die nuusagentskap is deur die regime aangeval, maar dat sy personeellede op hul pos sal bly en tot die einde toe sal veg.

Volgens Apple Daily het die polisie op 38 rekenaars beslag gelê wat deur verslaggewers gebruik word.

Dit is die tweede keer dat die polisie ’n klopjag op Apple Daily uitvoer nadat 200 polisielede verlede jaar na die kantoor toe is om Lai in hegtenis te neem omdat hy glo met buitelandse magte saamwerk.

Lai is reeds sedert Desember in aanhouding en word borgtog geweier. –  Reuters


Meer oor:  Hongkong  |  Polisielede  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.