Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
500 tornado’s teister Amerika

Amerika is in die laaste 30 dae deur sowat 500 tornado’s getref, het die land se sentrum vir stormvoorspelling gesê.

Bill Bunting, hoof van voorspellings in die sentrum in Norman, Oklahoma, sê ’n sleurstroom is in “neutraal” in die atmosfeer vasgevang.

Dinsdag was die 12de dag wat hulle ingelig was oor agt tornado’s op elke gegewe dag. Dit is voorlopig ’n rekord, maar dit kan maande neem om te bevestig.

“Of dit ’n rekord is of nie, dit is besonder ongehoord. Ons beleef ’n uitsonderlike tyd.”

Die tornado’s word gedryf deur ’n groter weerstelsel wat ook wydverspreide reën oor die groot vlaktes en die Middeweste laat val.

Meer mense kan nou met die hulp van sosiale media tornado’s verfilm en rapporteer soos nooit tevore nie, en dit kan dalk een van die redes wees hoekom die meeste tornado’s waarvan die sentrum bewus is, in die laaste jare voorgekom het, sê Bunting.

Die sleurstroom kan dalk in die volgende paar dae na die noorde gestoot word wat die voorkoms van tornado’s sal verminder. – Bloomberg

Meer oor:  Amerika  |  Tornado  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.