Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
6 Franse toeriste in Niger doodgeskiet

Ses Franse toeriste, hul toergids en bestuurder is in ’n reservaat in Niger doodgeskiet.

Die groep was Sondag in ’n reservaat vir kameelperde in die Kouré-gebied toe hulle deur gewapende mans op motorfietse afgemaai is, sê Tidjani Ibrahim Katiella, goewerneur van die Tillabéri-gebied.

Die reservaat is sowat 65 km suidoos van die hoofstad, Niamey.

Militante met Isis-bande het in Oktober 2017 vier Amerikaanse soldate in ’n lokval in die land gelei en doodgeskiet. Die voorval het tot al hoe meer Amerikaanse teen-terrorisme-operasies in die gebied gelei.

Frankryk het in Junie ’n koalisie met sy bondgenote in Wes-Afrika en Europa gevorm om teen Islamitiese militante in die Sahel-sone, wat Niger insluit, te veg.

Die Franse regering het mense gewaarsku om nie te reis na dele in Niger waar militêre groepe, waaronder Boko Haram, bedrywig is nie.  – Reuters

Meer oor:  Niger  |  Islamitiese Staat  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.