Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
6 mense dood in skietvoorval in Duitsland

Verskeie mense is dood en talle beseer ná ’n skietery in ’n Duitse dorpie.

Volgens die Duitse nuuswebtuiste Focus Online het die polisie bevestig dat ses mense dood is toe ’n man in die dorp Rot am See, noordoos van Stuttgart in die federale staat Baden-Württemberg, op hulle losgebrand het. Nog ’n Duitse nuusblad, Der Spiegelberig ’n verdagte is reeds in hegtenis geneem.

Sky News berig die polisie het ’n groot veiligheidsoperasie van stapel gestuur tydens die skietery. Volgens die Engelse nuusdiens het die polisie gesê dat die voorval moontlik met ’n persoonlike verhouding verband hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.