SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
6 van lugdiens verloor werk oor foto
Hierdie foto waar bemanningslede van Ryanair maak asof hulle op die Malaga-lughawe in Spanje op die vloer slaap, het hulle hul werk gekos. Foto: Jim Atkinson/Twitter

Die Ierse laepryslugdiens Ryanair het ses van sy werknemers afgedank nadat hulle ’n foto geneem het waar hulle maak asof hulle op die Malaga-lughawe in Spanje op die vloer slaap.

Die bemanning moes oornag op die lughawe oorbly weens gure weerstoestande.

CNN berig die foto het op 14 Oktober die lig gesien nadat vlugte na die stad Porto in Portugal weens ’n storm ontwrig is. Verskeie vlugte is daarom na die Malaga-lughawe herlei.

Die foto is wyd versprei en is ook deur die media gepubliseer.

Die lugdiens het egter later beeldmateriaal uitgereik wat wys hoe die bemanningslede hul posisies op die vloer inneem om die foto te neem. Nadat die foto geneem is, staan hulle op en stap weg.

Die foto is ook op die Facebook-blad “Ryanair Must Change” geplaas om te wys hoe sleg die lugdiens oënskynlik sy werknemers behandel.

NBCNews berig ’n woordvoerder van Ryanair sê die bemanningslede is Maandag weens kontrakbreuk op grond van “growwe wangedrag” afgedank.

“Die bemanningslede het ’n kort tydjie in die bemanningskamer deurgebring voordat hulle na ’n BBP-vertrek geskuif is en die volgende dag na Porto teruggekeer het,” sê die woordvoerder.

Die lugdiens het ’n video op Twitter geplaas om te wys dat die foto wat die bemanningslede versprei het, nie die waarheid is nie.

Volgens Ryanair het die bemanningslede se gedrag hul “werkgewer se reputasie skade berokken” en het ’n onherstelbare vertrouensbreuk tussen hulle ontstaan.

Meer oor:  Lugdiens  |  Ryanair  |  Afdankings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.