Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
6 vas nadat winkel beroof, eienaar met mes gesteek is

Ses gewapende rowers is Dinsdagoggend in hegtenis geneem kort nadat hulle ’n winkel in Heuningvlei in die Noord-Kaap beroof en die winkeleienaar met ’n mes gesteek het.

Die winkeleienaar is hospitaal toe geneem. Sy toestand is onbekend.

Ses verdagtes is ná die rooftog by Bathlaros aangekeer waar hulle in ’n minibustaxi gery het, sê ao. Mosimoatsile Letsapa, polisiewoordvoerder. ’n Onbekende bedrag geld, twee gewere, twee pistole, ammunisie, messe en ’n boutsnyer is in die verdagtes se besit gevind.

Letsapa sê die verdagtes het die vorige dag ’n muur by die sakeperseel in Heuningvlei gebreek om toegang tot die perseel te kry.

“Die winkeleienaars is met vuurwapens en messe gedreig.”

Hy sê nog drie verdagtes is soek en het ’n beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom.

Enigiemand met inligting kan kapt. Victor Mbena by 063 691 1089 bel.

Die verdagtes verskyn eersdaags in die hof.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Messteek  |  Misdaad  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.