Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Thomas Cook vou: 600 000 oorsee gestrand

Die wêreld se oudste reisagentskap, Thomas Cook (TCG.L), het Maandag ineengestort en honderdduisende vakansiegangers wêreldwyd gestrand gelaat. Dit het die grootste vredestyd repatriasie-poging in die Britse geskiedenis veroorsaak.

Die likwidasie is die einde van een van Brittanje se oudste ondernemings. Dit is in 1841 tot stand gebring, aanvanklik met plaaslike treinuitstappies voordat dit twee wêreldoorloë oorleef het en die pioniers vir pakketvakansies en massatoerisme geword het.

Die firma besit hotelle, oorde en lugrederye en bedien 19 miljoen mense per jaar in 16 lande. Regerings en versekeringsmaatskappy skarrel nou om 600 000 mense wat in die buiteland gestrand is huis toe te bring.

Peter Fankhauser, uitvoerende hoof, sê die onderneming se ondergang is ’n uiterste teleurstelling nadat hy nie daarin kon slaag om ’n reddingspakket van sy finansierders te bewerkstellig in die wanhopige gesprekke wat die naweek plaasgevind het nie.

Die Britse burgerlugvaartowerheid sê Thomas Cook het opgehou handeldryf, en die reguleerder en die regering het ’n hele aantal vliegtuie gereed om die meer as 150 000 Britse kliënte oor die volgende twee weke huis toe te bring.

“Ek wil ons miljoene kliënte en duisende werknemers, verskaffers en vennote wat ons al jare ondersteun, verskoning vra,” het Fankhauser in ’n verklaring gesê wat Maandagoggend vroeg uitgereik is.

“Dit is vir my en die res van die raad ’n groot teleurstelling dat ons nie suksesvol was nie.”

Foto’s wat op sosiale media geplaas is, wys hoe Thomas Cook-vliegtuie van die gewone lughawe-staanplekke herlei word. Sommige was verlate nadat passasiers en personeel dit ontruim het.

Kia Dawn Hayward, ’n lid van die kajuitpersoneel van die onderneming, het op Twitter gesê: “Ek is so lief vir my werk. Ek wil nie hê dit moet eindig nie.”

Die regering en lugvaartreguleerder het gesê weens die omvang van die situasie was ’n mate van ontwrigting onvermydelik. Al die maatskappy se vlugte is gekanselleer.

Kliënte is aangeraai om nie na lughawens te gaan voordat hulle op ’n spesiale webwerf – thomascook.caa.co.uk – vasgestel het of hulle op ’n terugvlug, wat deur die regering gereël is, kan vertrek nie.

Die Britse reguleerder kontak ook tans hotelle waar Thomas Cook-kliënte gehuisves word om hulle in kennis te stel dat hulle deur die regering via ’n versekeringskema vergoed sal word. Dit was nadat sommige kortliks in ’n hotel in Tunisië aangehou is toe personeel geëis het dat bykomende betalings gemaak word.

“Ons gebeurlikheidsbeplanning het gehelp om vliegtuie van oor die wêreld heen te bekom – sommige van so ver as Maleisië – en ons het honderde mense in oproepsentrums en op lughawens ontplooi,” het Grant Shapps, minister van vervoer, gesê.

In Duitsland, ’n groot kliëntemark van Thomas Cook, sal versekeringsmaatskappye die reaksie koördineer.

Die korporatiewe ineenstorting het die potensiaal om tot ’n chaos wêreldwyd te lei met vakansiegangers wat in plekke soos Goa, Gambië en Griekeland vasgekeer is in hotelle waarvan die verblyf nie betaal is nie.

Op lang termyn kan dit ook die toerismebedrywe in die grootste bestemmings van die onderneming, soos Spanje en Turkye, nadelig raak, probleme vir brandstofverskaffers veroorsaak en die sluiting van honderde reisagente tot gevolg hê.

https://www.reuters.com/article/us-thomas-cook-grp-investment/british-travel-firm-thomas-cook-collapses-stranding-hundreds-of-thousands-idUSKBN1W801E

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.