Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
62 Al-Sjabaab-vegters dood in Amerikaanse lugaanvalle

Die Amerikaanse leër het Maandag gesê dat 62 vegters van die Islamitiese groep Al-Sjabaab in ses lugaanvalle in Somalië dood is.

Die BBC berig dat militantes reeds Sondag in vier Amerikaanse lugaanvalle dood is. Nog vegters van Al-Sjabaab is in twee ander lugaanvalle dood.

Vegters van die Islamitiese groep Al-Sjabaab. Foto: Reuters

Dié lugaanvalle word as die dodelikste in Somalië beskou sedert Amerika se lugaanvalle in November 2017 tot die dood van 100 militantes gelei het.

Lugaanvalle in Somalië het toegeneem sedert pres. Donald Trump van die VSA in Januarie 2017 aan bewind gekom het. Die VSA het ’n reuse- militêre basis in Djiboeti vanwaar die lugaanvalle op die militantes geloods word. Al-Sjabaab, ’n groep met Al-Kaïda-bande, het nog nie op die jongste lugaanvalle kommentaar gelewer nie.

Volgens The Washington Post het die jongste lugaanvalle in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, plaasgevind.

Na wat verneem word, het geen burgerlikes in die aanvalle omgekom nie.

Die jongste lugaanvalle bring die aantal vir 2018 te staan op 46, vergeleke met 31 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die doel van die lugaanvalle is om Al-Sjabaab-vegters se bedrywighede in die streek tot ’n einde te bring.

Kol. Rob Manning, Amerikaanse militêre woordvoerder, het aan Aljazeera gesê dat die leër meer doeltreffend word om terroriste-organisasies in Somalië te elimineer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.