Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
7 dood in nog ’n ontploffing by fabriek in China
Die skade aan die fabriek in Jiangsu in China van buite gesien. Sewe mense is Sondag in die ontploffing dood. Foto: REUTERS

’n Ontploffing by ’n fabriek in Jiangsu in China het Sondag die lewe van sewe mense geëis.

Dit is die tweede dodelike ontploffing in dié provinsie die afgelope maand, wat die regering genoodsaak het om ’n landwye inspeksie van stapel te stuur waarin nywerhede se veiligheidsmaatreëls onder die loep geneem word.

’n Houer met afvalmetaal het Sondag in die stad Kunshan ontplof wat tot ’n brand by ’n fabriek gelei het. Sewe mense is dood terwyl vyf ander hospitaal toe gebring is. Die oorsaak van die voorval sal deur die owerhede ondersoek word. Kunshan is ongeveer 70 km wes van Sjanghai geleë en die tuiste van meer as ’n duisend tegnologiese maatskappye en vervaardigers.

Sondag se voorval volg op ’n dodelike ontploffing by ’n chemiese park in Yancheng op 21 Maart waarin 78 mense met hul lewe geboet het.

China het die afgelope tyd strenger maatreëls teen die invoer van afvalmetaal begin toepas. Dit maak deel uit van ’n omgewingsgerigte bewusmakingsveldtog teen “oorsese rommel” met die oogmerk om ’n einde te bring aan die invoer van afvalprodukte uit die buiteland na China teen die einde van 2020. – Reuters

Meer oor:  China  |  Sterftes  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.