Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
7 sterf in bendetwis in VSA-tronk
’n Bewaarder stap verby die Lee-tronk in Bishopville, Suid-Carolina, waar sewe gevangenes in onrus dood is. Foto: REUTERS

Altesaam sewe gevangenes is dood in ’n Amerikaanse tronk nadat ’n bendetwis tot geweld gelei het. Nog 17 mense is beseer in die onluste wat Sondagnag by die Lee-tronk in Bishopville, Suid-Carolina, uitgebreek het.

“Dit het oor ‘grondgebied’, smokkelgoedere en selfone gegaan,” sê Bryan Stirling, direkteur van die korrektiewe departement in die staat.

Al sewe oorledenes is weens steekwonde dood. Die tronk het 1 583 gevangenes. Toe die geweld losbars, was 44 bewaarders aan diens. Hulle het versterkings ontbied voordat hulle die gevegte probeer stop het. Volgens Stirling het die bewaarders geen teenstand ervaar toe hulle die geweld onder bedwang gebring het nie.

Die oorledenes sluit in ’n dwelmhandelaar, ’n vroueslaner, ’n dief en ’n moordenaar. – Reuters

Meer oor:  Suid-Carolina  |  Bende  |  Tronk  |  Twis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.