Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
74-jarige vrou skenk lewe aan tweeling

’n 74-jarige vrou wat dekades nie swanger kon raak nie, het Donderdag met die hulp van in vitro-bevrugting die lewe aan ’n tweeling geskenk.

Dr. Sanakkayala Uma Shankar ondersoek Mangayamma Yaramati (74) voor haar keisersnee wat Donderdag gedoen is. Foto: Facebook/Sanakkayala Uma Shankar
Mangayamma Yaramati van ’n nedersetting in Andhra Pradesh, ’n suidelike Indiese staat, is heel moontlik die oudste vrou wat nog die lewe geskenk het.

Sy en haar 82-jarige man, Rajarao, is 57 jaar gelede getroud en die egpaar het deur die dekades telkemale mediese advies gekry omdat hulle nie daarin kon slaag om swanger te word nie, berig Time of India.

Sy het met die hulp van ’n span van vier dokters in ’n private hospitaal, Ahalya Nursing Home, in Guntur met ’n keisersnee aan tweelingdogters die lewe geskenk, berig India Today.

Die span is gelei deur dr. Sanakkayala Uma Shankar, wat ’n raad van kardioloë, ginekoloë en pediaters geraadpleeg het voordat hy besluit het om Mangayamma te behandel.

Umashankar het aan Times of India gesê hoewel hy weens vertroulikheid nie al die besonderhede oor haar behandeling bekend mag maak nie, is “al die reëls nagekom”.

Hy wou egter nie sê of sy en Rajarao die tweeling se biologiese ouers is nie.

“Dit gaan goed met albei babas en hul ma. Tien dokters het nege maande lank gewerk om te sorg dat sy gesond is. Dit is ’n mediese wonderwerk,” het Uma Shankar gesê.


Meer oor:  Indië  |  Wêreld  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.