Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
83-jarige terroris wéér gevonnis oor motorbom

Die stigter van die rebellegroep Shining Path in Peru is Dinsdag nóg ’n lewenslange vonnis opgelê.

Abimael Guzman (83) is daaraan skuldig bevind dat hy in 1992 ’n motorbomaanval in die hoofstad, Lima, laat uitvoer het.

Abimael Guzman. Foto: Reuters/Mariana Bazo
25 mense is in die aanval dood en 155 beseer.

Reuters berig dié aanval was een van Shining Path se dodelikste aanvalle in die hoofstad.

Dit het bygedra tot grootskaalse paniek, veral nadat duisende mense reeds in die afgeleë Andes en Amasone doodgemaak is.

Voice of America berig Guzman dien reeds ’n lewenslange vonnis uit weens terrorisme. Hy is in 1992 in hegtenis geneem.

Die hofsaak om te beslis of hy die baasbrein was agter die aanval in Lima, is gereeld die laaste vier jaar uitgestel, telkens omdat Guzman gesê het hy is te siek om daaraan deel te neem.

Hy het enige betrokkenheid by die aanval ontken.

Alfredo Crespo, Guzman se prokureur, het namens sy kliënt gesê Guzman meen rebelle het die aanval sonder sy medewete uitgevoer.

Luidens getuienis voor Peru se waarheidskommissie op 16 Julie 1992, het rebelle die motor in Taratastraat gelos nadat hulle vroeër verhoed is om dit voor ’n bank te parkeer.

Vanesa Quiroga, wat haar been in die ontploffing verloor het, het getuig sy onthou hoe mense bebloed rondgehardloop het.

Sy was 12 toe die voorval plaasgevind het.

“My ma het rondgehardloop om my been te soek, maar sy kon dit nie kry nie,” het Vanesa gesê.

Toe Guzman se rebellegroep hul veldtog in 1980 begin het, was die doel om die regering omver te werp, berig Channel News Asia.

Sedert Guzman se inhegtenisneming in 1992 het die groep se aktiwiteite skerp afgeneem.

Meer oor:  Shining Path  |  Abimael Guzman  |  Peru  |  Motorbom  |  Vonnisoplegging  |  Terroris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.