Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
844 oortredings van menseregte in Zim

Altesame 844 menseregte-oortredings is in die laaste week in Zimbabwe aangeteken, sê die Zimbabwiese Menseregteforum.

Betogers hardloop in die strate in Harare kort nadat die petrolprys met byna 150% gestyg het. Foto: AP

Die forum het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het dié totaal bereken vanaf 14 Januarie toe die betogings in Zimbabwe begin het.

Die betogings, wat later in onluste ontaard het, het uitgebreek kort nadat pres. Emmerson Mnangagwa ’n verhoging van sowat 150% in die brandstofprys in dié buurland aangekondig het.

Mnangagwa het die brandstofprys glo verhoog in die hoop om die tekort aan valuta te verlig en in ’n poging om die land se ergste ekonomiese krisis in ’n dekade die hoof te bied.

Talle betogers is beseer toe lede van die polisie en die weermag toegeslaan het.

Volgens die Menseregteforum spruit die 844 oortredings uit minstens 12 sterftes, 78 skietwonde, marteling, onmenslike hantering soos hondebyte (minstens 242 klagte), die beskadiging van eiendom en vandalisme (minstens 46 klagte), asook arbitrêre inhegtenisnemings en aanhoudings (minstens 466 klagte).

Die mense van Zimbabwe se reg op mediavryheid en toegang tot inligting, privaatheid en die reg om te kan rondbeweeg, is ook grootliks aangetas.

Meer oor:  Pres. Emmerson Mnangagwa  |  Zimbabwe  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.