Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dié siektes kos China miljarde

BEIJING. – Lugbesoedeling, rook, vetsug en ongelukke, veral op die pad, lei tot die dood van minstens 4,7 miljoen Chinese ’n jaar en kos dié land jaarliks miljarde dollar, het navorsers Vrydag gesê.

Hulle sê China het in sekere gevalle goeie vooruitgang gemaak wat gesondheid betref, met die gemiddelde lewensverwagting 76 jaar in 2011 vergeleke met net 40 jaar in 1950.

Daarteenoor is die risiko van vroegtydige dood en siekte as gevolg van besoedeling, rook, padongelukke en lewenstylsiektes beslis erger as destyds.

Die Chinese en Amerikaanse deskundiges sê China het die geleentheid om van ryk lande te leer wat reeds dié paadjie gestap het, ’n byproduk van groeiende rykdom. – Sapa-AFP

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.