Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gift of the Givers reg om in Nepal te gaan help
Dr. Imtiaz Sooliman Foto: Denzil Maregele

Gift of the Givers se span wat gaan help met die nagevolge van die aardbewing in Nepal sal na verwagting vandag uit Suid-Afrika vertrek. Erika Gibson, spesialis-joernalis by Media24-nuus, gaan saam.

Dr. Imtiaz Sooliman, hoof van die organisasie, het vertel die soek-en-reddingspan sal waarskynlik Maandag vertrek en die res sal ’n paar dae later volg.

In dié stadium is die grootste probleem vir Sooliman om die span, wat sowat 30 soek-en-reddingspersoneellede en 30 mediese personeellede insluit, in die land te kry.

Lees ook:

10 van Suid-Afrika sit vas

Kyk: Nepal steier; dodetal al meer as 2 000

2 van SA is veilig, hoor man se ma

SA krieketspelers voel naskokke in Indië

SA klimmer help soek na lyke

Daar is volgens Sooliman ses Nepalese dokters in die span. Hulle het reeds ’n vliegtuig gehuur, maar die grootste vraag is net “hoeveel gehuur moet word”.

Die hulp, wat nie benodigdhede soos tente, kos, komberse of ander basiese behoeftes soos gebottelde water insluit nie, is sowat R5 miljoen werd. Daardie benodigdhede sal glo in Indië gekoop word.

Sooliman het bygevoeg dat die gestrande Suid-Afrikaners in Nepal met Estelle van Jaarsveld by 083 287 5988 moet kontak maak. Hulle sal gratis saam met Gift of the Givers uit Nepal kan terugvlieg Suid-Afrika toe.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.