Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sam Smith maak skoonskip by die Grammys
Madonna tree op tydens die Grammy-toekenningsaand. Foto: Reuters
Ricky Kej en die Suid-Afrikaans-gebore Wouter Kellerman het ook ’n Grammy gewen vir hul New Age-album Winds of Samsara. Foto: Reuters
Sam Smith het vier Grammy-toekennings verower. Foto: Reuters

Die Grammy-musiektoekenningsaand is Sondag in die Staples-sentrum in Los Angeles gehou. Sam Smith was die grootste wenner met vier toekennings.

Drie was in die hoofkategorieë: vir beste nuwe kunstenaar, vir die liedjie van die jaar en vir die CD van die jaar vir Stay With Me.

Hy is ook vereer omdat hy die enigste solokunstenaar is wat in 2014 meer as ’n miljoen albums in Amerika en in Brittanje verkoop het.

Ricky Kej en die Suid-Afrikaans-gebore Wouter Kellerman het ook ’n Grammy gewen vir hul New Age-album Winds of Samsara.

Pharrell Williams, Beyoncé en Rosanne Cash, Johnny Cash se dogter, het elk drie toekennings verower.

Madonna, Katy Perry, Rihanna, Kanye West en sir Paul McCartney was van die kunstenaars wat opgetree het.

Bronne: BBC, Sapa-AP

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.