Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Video: Nepal steier; dodetal al meer as 2 500
Die dodelike hand van die kragtige aardbewing wat Nepal en omliggende lande Saterdagoggend geskud het, het Sondag sigbaarder geword. Reddingspanne van Brittanje en Duitsland het hulle na Nepal gehaas, waar reddingswerkers en burgerlikes steeds onverpoosd gewerk het om slagoffers onder puin uit te grawe. Op sypaadjies is lyke langs mekaar neergelê sodat familielede hulle kon uitken. In Bhaktapoer het rookwolke dig gehang waar families hul gesinslede begin veras het.
Die lyk van ’n slagoffer lê in Bhaktapoer, Nepal, gereed om veras te word. Foto: Getty Images
’n Polisieman probeer ’n slagoffer in Bhaktapoer onder die puin van ’n gebou uittrek. Foto: Getty Images
Treurende familielede stap na die terrein waar talle slagoffers van die verwoestende aardbewing, wat 7.8 op die Richterskaal geregistreer het, reeds Sondag in Bhaktapoer veras is. Foto: Getty Images
’n Boeddha-beeld is al wat staande gebly het van dié tempel in Bhaktapoer. Baie geskiedkundige geboue het in die kragtige aardbewing verkrummel, soos dié tempel. Foto: Getty Images
Inwoners en reddingswerkers het met kaal hande in die puin van geboue gekrap in die hoop om oorlewendes te vind.
Chinese reddingswerkers skep ’n bakkie pap vir ’n toeris in Tibet. Foto: Reuters
In Katmandoe moes inwoners Sondag toustaan vir vars water. Foto: Getty Images
Dié man het met ’n sakdoek om sy gesig tussen die puin in Bhaktapoer gestap. Foto: Reuters
n Klok van ’n Boeddhistiese tempel is ál wat van die tempel in Katmandoe oorgebly het. Foto: Reuters
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.