Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aanklaers kan Trump se belasting-opgawes kry, sê hof

Pres. Donald Trump se boekhouer moet agt jaar se belastingopgawes aan aanklaers in New York oorhandig, het ’n Amerikaanse appèlhof Maandag bevind in die jongste terugslag vir Trump in sy pogings om sy finansies geheim te hou.

Dié uitspraak van die hof bevestig die aanklaers se vermoë om ’n dagvaarding vir opgawes teen die firma Mazars LPP af te dwing. Met die Republikeinse president wat na verwagting sal appelleer, baan dit die weg vir ’n kragmeting in die VSA se hoogste hof, met ’n konserwatiewe meerderheid van 5-4 regters – insluitend twee wat Trump aangewys het.

Die kantoor van Cyrus Vance, distriksprokureur in Manhattan en ’n Demokraat, soek die opgawes as deel van ’n strafregtelike ondersoek na Trump en sy familie se sakebelange in die eiendomsbedryf. Die omvang van die ondersoek is nie bekend nie.

Vance se kantoor het ingestem om nie die dagvaarding uit te voer terwyl Trump die hoogste hof nader nie.

Met dié ooreenkoms het Trump 10 dae om sy appèl in te dien.

Trump, wat ’n sakeryk in die eiendomsbedryf in New York gebou het voordat hy tot president verkies is, word ook in die gesig gestaar deur ’n ondersoek in die Demokraat-geleide raad van Verteenwoordigers om hom moontlik in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Trump se regslui kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. ’n Woordvoerder vir Vance wou ook nie kommentaar lewer nie.

Trump het geweier om sy belastingopgawes bekend te maak in ’n breuk met die tradisie oor dekades heen dat Amerikaanse presidentskandidate hul opgawes tydens hul veldtogte uitreik, asook presidente wat dit tydens hul amp bekendmaak.

Trump het ook pogings van die Demokrate in die kongres en elders beveg om dié inligting te bekom.

https://www.reuters.com/article/us-usa-trump-taxes/new-york-prosecutors-can-get-trump-tax-returns-court-rules-idUSKBN1XE1O8

Meer oor:  Donald Trump  |  Belastingopgawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.