Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aanvallende stappe kan kom, dreig Kim

Kim Jong-oen van Noord-Korea het die naweek ’n dreigende houding ingeneem op ’n sitting van die regerende party se topleiers. Volgens die staatsmediadiens, die KCNA, het hy gesê die land gaan hom wend tot “positiewe en aanvallende maatreëls” om sy eie veiligheid te verseker.

Die volle sitting van die regerende Koreaanse Werkersparty se sentrale komitee is gehou aan die vooraand van die spertyd wat hy vir Amerika gegee het om sy sanksies teen Noord-Korea te verslap. Hy het vroeër gesê Amerika het tot vandag tyd om sy houding te verander.

Kim het op die tweede dag van die naweek lange sitting gepraat oor buitelandse aangeleenthede, die land se wapenbedryf en sy weermag.

Hy het klem daarop gelê dat maatreëls ingestel moet word “om die soewereiniteit en veiligheid van die land ten volle te verseker”. Amerikaanse bevelvoerders in die streek meen dit kan toetse van nuwe kernplofkoppe insluit, asook die toetsing van ’n langafstandmissiel wat sedert 2017 opgeskort is.

Kim het Sondag ook oor die land se ekonomie gepraat en dit was duidelik die land verkeer onder erge druk weens die sanksies. Kim het gesê ’n “onafhanklike ekonomie” behoort gebou te word.

Volgens KCNA het hy planne uiteengesit wat “dringend die erge situasie moet regstel waarin die verskillende sektore van die nasionale ekonomie verkeer”.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sou Maanndag laat in New York op ’n informele vergadering ’n voorstel deur Rusland en China bespreek dat sanksies teen Noord-Korea verslap moet word. Waarnemers beskou dit as ’n poging om Amerika se houvas op die situasie in die Koreaanse Skiereiland te verbreek. – Reuters

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Dreigemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.