Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aardedag: ‘Gaan oor meer as behoud van planeet’ – Biden
Pres. Joe Biden praat Donderdag op ’n virtuele beraad van 40 wêreldleiers om klimaatsverandering te bespreek. Foto: AP

Pres. Joe Biden van Amerika het wêreldleiers Donderdag op Aardedag byeengeroep in ’n poging om klimaatsverandering in die kollig te plaas.

Associated Press berig dat Biden ’n virtuele beraad van 40 wêreldleiers, onder wie pres. Xi Jinping van China en pres. Wladimir Poetin van Rusland, geopen het met die woorde: “Die vergadering gaan op hierdie oomblik oor meer as die behoud van ons planeet. Dit gaan daaroor om ’n beter toekoms vir ons almal te skep.”

Biden se eie onderneming wat die kwessie van klimaatsverandering betref, is om die vrystelling van fossielbrandstowwe in Amerika teen 2030 met tot 52% te verminder.

Suid-Korea se onderneming om alle regeringsfinansiering aan nuwe steenkoolkragstasies te staak, is ’n belangrike stap wat omgewingsgroepe hoop gee dat China en Japan die oprigting en finansiering van hul eie steenkoolkragstasies sal heroorweeg.

“Om die omgewing te beskerm is om produktiwiteit te beskerm, en om die omgewing te verbeter is om produktiwiteit te verhoog. Dit is so eenvoudig soos dit,” het Xi op die beraad gesê.

Poetin het op sy beurt gesê Rusland is opreg daarin geïnteresseerd om internasionale samewerking te verdiep en verder na daadwerklike oplossings vir klimaatsverandering sowel as alle ander belangrike uitdagings te soek.

Hy het egter geen melding gemaak van sy twis met Biden nie, wat hom die woede van die Russe op die hals gehaal het omdat hy Poetin na aanleiding van sy regering se aggressiwiteit teenoor sy teenstanders ’n moordenaar genoem het.

Die dringendheid wat klimaatsverandering betref, wat deur Biden se voorganger, Donald Trump, geïgnoreer is, kom te midde van wetenskaplike bewyse dat die impak van steenkool-aanlegte, motorenjins en ander gebruike van fossielbrandstowwe al hoe meer tot droogtes, oorstromings, orkane, veldbrande en ander rampe aanleiding gee wat die mensdom se tyd verkort om aardverwarming af te weer.


Meer oor:  Joe Biden  |  Aardedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.